Maar net ’n mens

  • 1

Foto: Canva

Maar net mens

Ek’s maar net mens
gemaak uit stof.
Lagplooitjies
en oudword-slootjies.
Brilletjie en pilletjies.
Merke waar die lewe
my geknou het.
Dankbaar dat ek nog
kan môresê en nag
in die aand.
Ek’s maar net mens
dat almal wat ek raakloop
my so sal aanvaar
is my grootste wens. 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top