"Maanlawaai" deur Marissa van den Heever

  • 0

Maanlawaai

Daars ‘n wilde hobble-pad na die maan
ongerep en sonder naam
Wees versigtig as jou voete dit vind
wie daarop stap verander in ‘n kind

REFREIN:
Glip-gladde geel glyplank
Skommel-skommel skoppelmaai
Holderstebolder maanlawaai

Daar gaan ‘n woeste hobble-trein na die maan
vir ‘n glimlag neem hy jou saam
Wees verseker dis waarheen jy wil gaan
hierdie is ‘n eenrigting baan

REFREIN

En die wat agterbly
kan by ons ‘n antwoord kry
Daar is toe ‘n man in die maan
soek net die pad sonder naam

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top