Verhale van maagdelike geboortes loop soos ’n goue draad deur die geskiedenis van die mensdom.
Nadat Acristus, Koning van Argo, gewaarsku is dat hy sou sterf aan die hand van sy dogter Danae se seun, het hy ’n toring gebou waarin sy gevange gehou is. Maar die God Jupiter het die maagd besoek en die Griekse held Perseus is gebore.
Toe Coatlicue in die buitelug ontspan het, het ’n bal vere van die hemel neergesweef. Sy het dit gevang en in haar boesem weggesteek waarna die Aztec god Huitzilopochtli gebore is.
Die geboorte van die god Attis het weer so verloop: Agdistis het aanvanklik manlike sowel as vroulike organe gehad. Maar die Olimpiese gode wat vir Agdistis gevrees het, het sy manlike orgaan afgesny en weggegooi waarna ’n amandelboom daaruit opgeskiet het. Die maagd Nana het van die vrugte daarvan gepluk en in haar boesem gebêre en op 25 Desember is die god Attis gebore. Die jeugdige Attis is aan ’n boom opgehang/gekruisig maar is op wonderbaarlike wyse na drie dae uit die dood opgewek.
Ook die stigter van die Manchu dinastie van China is so gebore: Terwyl ’n maagd eendag besig was om te bad het sy ’n rooi vrug op haar romp gevind. Sy het dit geëet en ’n seun gebaar.
Op soortgelyke wyse is Fo-Hi uit ‘n maagd gebore. En toe die maagd en dogter van die koning van Mongolië een nag wakker geword het, was sy omhul deur ‘n groot lig en het daarna geboorte geskenk aan drie seuns waarvan één die beroemde Genghis Khan was.
In Korea is die dogter van die Ho-rivier deur die son se strale bevrug en het geboorte geskenk aan ‘n seun.
Chrisna is gebore van die maagd Devaka; Horus is gebore van die maagd Isis;
Mercurius was gebore van die maagd Maia en Romuls van die maagd Rhea Sylvia.
Maar die bekendste verhaal van ’n maagdelike geboorte is sekerlik dié van Jesus Christus. Nadat Maria haar aan Josef verloof het en voor hulle bymekaar was, is sy deur die Heilige Gees swanger gemaak en Christus is gebore.
Nou natuurlik is nie een van hierdie verhale waar nie, behalwe die laaste een wat tog mos deur miljoene Christene as die waarheid bely word! En natuurlik — die maagdelike geboorte van Christus is in die Bybel opgeteken en nie een van die ander nie!
Edwin S Hartland, (1848-1927), voormalige president van die “Folklore Society”, se navorsing het aan die lig gebring dat daar ‘n wydverspreide geloof in die bonatuurlike geboorte van gode en volkshelde was wat die biologiese wette, geïgnoreer het.
‘n Stam inheemse inwoners van Noordwes Australië glo bv. steeds dat geboorte heeltemal onafhanklik is van geslagsgemeenskap. Dié Noord Queenslanders is oortuig dat hulle babas deur geeste verwek word en dat die rol van die man slegs is om die geeste aan te moedig om hulle werk te doen.
Talle soortgelyke gelowe kom steeds wêreldwyd voor as gevolg waarvan daar talle magiese praktyke bestaan om kinders te kry.
Panda
Bron: The Portable Atheist — Christopher Hitchens (An Old Story — Chapman Cohen, p 178 — 180)


Kommentaar
Nee, wat Panda,
Daardie storietjies van jou is al deur baie uitgewys as verdigsels – een vinnige voorbeeld – die godin isis is die vrou van die god osiris (hoe kan sy ’n maagd wees? Of het julle haar daartoe verklaar?) en kry die “god” horus as seun.
Net so met al die ander fabelagtige storietjies – almal verdigsels in verskillende kulture – let ook op dat nie één van dié “gode” ooit deur enigiemand lewend gesien was nie – g’n wonder nie, hulle is versinsels. Nie een van hulle het enige effek in die wêreld as geheel gehad nie, hulle kan geeneen ander mense inspireer om die nagedagtenis van dié sogenaamde “gode” te verewig nie, want dié gode het nooit bestaan nie en is produkte van versinde fabels en mites en het as sulks mos géén nalatenskap of erfenis gelaat nie.
Die Noordwes Australië inboorlingstam gee maar net op hul eie kulturele manier uitdrukking aan die spirituele dimensie se invloed op hulle stam. Julle sal dit nie kan begryp nie.
Die feit is (nie betrekking op die Aborigine se kultuur nie), as die verwekking van ’n kind nie deur God gewil word nie, sál die moeder nie swanger raak nie, ongeag die reëlmaat van geslagsgemeenskap. Só sien ons dit baie dikwels vandag nog – surrogaat moederskap is al oral ’n kunsmatige metode om dié kwessie die hoof te probeer bied.
Insgelyks. As God wil dat ’n vrou swanger word vir doeleindes van Sy Raadsplan op aarde, sónder die tussenkoms of sperm van ’n man, sál dit so gebeur – en Maria is die voorbeeld. As jy die belang van die maagdelike geboorte van Christus kon begryp, sou jy nie die snert agter Hitchens aan papegaai, nie.
Dus, die enigste ware gebeurtenis is dié van die HERE Jesus Christus. SY moeder was ’n gewone vrou in lewende lywe met ’n voor- en nageslag en só ook Josef én die moeder Johannes die Doper, die HERE se aankondiger – álmal getuies van wat gebeur het soos dit in die Nuwe Testament opgeteken staan. Om nie eens te praat watter aardskuddende effek en gevolge die advent van die HERE Jesus Christus op aarde en in die wêreld het, nie – wat maar net weer onomstootlik bewys is van Sy Goddelike krag en invloed – deur Goddelike INSPIRASIE (een vorm van Spirituele teenwoordigheid).
Hoekom kan julle nie iets self insien nie, waarom moet julle altyd aan ander net so insigloos soos julself, papegaai? Want as dié van die wal af in die sloot ingly, gly jul maar gedwee en boonop heel gewillig saam, sónder om te weet wat gebeur.
Kobus de Klerk
Ek het mos gesê: "natuurlik is nie een van die verhale waar nie behalwe die laaste een"! Nou wys jy my daarop dat dit verdigsels is. Dis mos presies wat ek gesê het? Wat rook jy?
Jy haal tot vervelens toe teksverse aan maar enige aanhaling uit ander bronne is skynbaar volgens jou reëls, taboe en papagaaiery. Ek het ook nie vir Hitchens aangehaal soos jy beweer nie maar vir Chapman Cohen en ek het duidelik so aangedui.
Word tog 'n slag wakker uit jou spirituele beswyming.
Panda
Die Heilige Gees was die pa. Maria was 'n maagd voor sy besoek en nie meer na sy besoek. Dis hoe die storie vertel word in Matteus en Lukas. Daar is geen aanspraak op die maagdelikheid van Maria nadat die Heilige Gees sy zip opgetrek het nie.
Christene sal moet kies: dis of 'n mite, of dit moet die wetenskaplike weegskaal geweeg word, soos by enige swanger meisie wat sou beweer dat geen man naby haar was nie .
Panda,
Dit is maar jy wat dof is en nie eens begryp wat jy self skrywe nie.
Wat jy gesê het, is dat die gelowiges sal sê dat maagdelike swangerskap van Maria waar is, maar die ander onwaar. Maar terselfdertyd is dit is ook duidelik dat jy self Maria se maagdelike swangerskap as onwaar aanmerk, onder meer met verwysing na sogenaamde biologiese wette wat “geïgnoreer” word (asof jy weet wat dié biologiese wet nou is?) –
Het ek jou verkeerd uitgewys? Glo jy darem nou die maagdelike swangerskap van Maria? Indien wel, skryf dit hier, sodat ek kan erken ek was verkeerd teenoor jou. Tot dan…
Ek wys toe vir jou uit hoe maklik dit is om die ware verhaal van die HERE se geboorte uit die maagd Maria te onderskei van die ander onware versinsels – en natuurlik kon jy dit nie insien nie.
En Chris, waak teen jou belastering van die Heilige Gees van God, want dit sal jou duur te staan kom... dat jy nie kan begryp wat aangaan nie, is so. Maar dat jy so laster, dui op jou eie tekortkominge, wat vir jou geen verskoning is, nie.
Kobus de Klerk
Kobus,
Jy maak seker ’n grap as jy sê “sodat ek kan erken ek was verkeerd teenoor jou”. Dit sal seker 'n eerste keer ooit vir jou wees! Jou aanname was uit die lug gegryp en nou druk jy my vir ’n bekentenis om jou gesig skoon te kry.
Ek merk op jy verwys na biologiese wette as ‘sogenaamde’ biologiese wette. En ja — terwyl jy wonder — ek weet wat die biologiese wet nou is. Kortliks opgesom kom dit daarop neer dat ’n vrou net deur manlike semen swanger gemaak kan word en dié sweef nie op die wind soos stuifmeel nie. Help my reg as ek die kat aan die stert beet het.
Panda
Snaaks, Kobus, dat jou god mense sal vergewe as hulle hom en sy seun ontken, maar die deel van hom wat die moeilikste is om aan te glo, die heilige gees, as jy hom ontken, word nie vergewe nie. Hoe meer ongeloofwaardig 'n konsep is hoe meer gaan jy brand as jy dit nie glo nie. Net 'n Christen wat soiets uitdink en skelm in die Bybel indruk/inlees kan uitkom met so 'n idee.
Jy moet natuurlik dan glo dat die Heilige Gees 'n aparte entiteit is en nie maar net 'n karaktereienskap (die teenwoordigheid van God) nie.
Mat. 28:19, wat die drie-enigheid uitspel, is ingelas in die 3de of 4de eeu om die ortodokse weergawe (Vader, Seun en Heilige Gees) te versterk. Die doktrine van die Heilige Gees is nie deel van enige van die vroë Christen sektes nie. Dit word eers ontwikkel in die 3de eeu deur die ortodokse Christene. Selfs Eusebius verwys na die doop in die naam van Jesus alleen en so ook Hand. 19:5. Word die Heilige Gees hier ontken?
Die gedeelte, "...testify in heaven: the Father, the Word and the Holy Spirit, and these three are one. 8 And there are three that testify on earth: the..." (1 Joh. 5:8), seker die sterkste argument vir die drie-enigheid van god, kom nie voor in enige Griekse teks voor die 16de eeu nie. Erasmus, met sy vertaling, is met 'n vervalsde dokument oortuig om hierdie vers in te sit nadat hy dit uitgelaat het. Die NRSV doen ook sonder dit:"7 There are three that testify: 8 the Spirit and the water and the blood, and these three agree."
Sonder hierdie verse het jy, soos Angus se slang, nie 'n been om op te staan nie. Jy, Kobus, nes ek kan gerus die Heilige Gees ontken.
Panda,
Jy het toe nié die maagdelike geboorte erken nie en dus was ek reg – jy sien geel want dit is jou eie eier wat jy sien. Biologies is jy óók verkeerd – dit is slegs die nukleus in die sperm, wat die bevrugting veroorsaak. Kan jy bewys dat die flagella en die huls om die manlike gameet, óók bevrugting kan bewerkstellig? Nie? Natúúrlik nie. Nou doen bietjie moete en gaan vind uit wat biologies hormonaal presies gebeur dat ’n manlike gameet gevorm word en dan bestudeer jy die vroulike liggaam en die hormonale werking dáár en dan sal jy sien dat jy baie het om te leer en geweldig insig kortkom.
Die spermsel per se is nie die kern van die bevrugting nie, maar wel die chromatien vesel binne in die kop van die sel. Die spermsel per se, bestaande uit die kop (die kern met die chromatien vesel en die akrosoma wat benodig word vir sel penetrasie), die midseksie (met die “brandstof” vir die rit – die adenosien trifosfaat) en die flagellum (die propeller), is gewoon maar die “voertuig”, die houer, waarin die kern chromatien vesel vervoer word vanuit die manlike testis via die penis, die vagina, die baarmoeder, die eierstokke, tot by die eiersel vanaf die ovaria in die fallopiese buis in die vroulike eierstokke.
Indien die spermkern met chromatien vesel nie nodig het om te “reis” nie, is die hele komplekse selsisteem-res dus oorbodig. Dit is dus slegs die kleinste gedeelte van die gameet (spermatium), wat die bevrugting bewerkstellig – die kern – chromatien vesel van 23 chromosome. Volledige proses van gametogenese reproduksie is dus nie eens nodig nie. Die testis en epididimis is bloot daar vir die herhaalde massaproduksie van die spermsel struktuur en stoor daarvan, in die manlike liggaam. Dit is ook bekend dat bioloë nog in die duister is presies hoé dié proses in die manlike liggaam van die mens ’n aanvang neem, maar vermoed (weet?) solank dat daar interaksie is tussen die hipotalamus, pituïtêre klier en Leydig se selle (in die testis wat testosteroon afskei), as kerndeel van die biologiese proses. Dieselfde manlike hormoon en anaboliese steroïed, testosteroon, kom egter ook in die vroulike liggaam voor… veral in die ovaria, dáár waar juis die eiersel op bevrugting lê en wag… of het die vrou nie ook ’n pituïtêre klier en ’n hipotalamus nie, hmmm? En die sel hoef nie eens te “reis” nie – is rééds by die ovarium, en kan gewoon die eiersel in die fallopiese buis bevrug.
Chris,
Jy kan geen bydrae lewer nie. Bly nou liewer uit gesprekke uit, want jy hef deesdae net 'n leë gekekkel aan oor jou eie tekortkominge, drankmisbruik, onkunde, skelwoorde, nydigheid ens., ens., en op hierdie stadium het jou snert met irritasiewaarde want jy is werklik baie onkundig en oningelig.
Daar is talle verwysings in die Woord oor die Drie-eenheid, direk en indirek, en ek het hulle al in korrespondensie met Cornelius 'n paar maal al gelys (begin by Psalms, Jesaja, en regdeur Johannes en ander). Lees maar daar, sodat jy iets te wete kan kom. Die ontkenning is een ding, want dit is uit stomme onkunde, maar die neerhalende spottende manier... wee jou!
Kobus de Klerk
Stadig, Chris, dis daai god met die zip se slang, nie myne nie.
Chris,
Jou hoorsê-onkunde omtrent die Bybel se vertalings laat jou weereens in die steek.
En wat jou bewering omtrent die Heilige Gees aanbetref in soverre jy wil insinueer dat die vroeëre Christelike leer nie die Heilige Gees inkorporeer nie, is louter snert. Dawid, in Psalm 51 en die profeet Jesaja in hoofstuk 63 verwys alreeds by name na die Heilige Gees van God. Die Nuwe Testament is deurspek met verwysings na die Heilige Gees – ongeveer 105 verskillende verse. In Johannes veral, maak die HERE melding van die verhouding met die Heilige Gees, maar ook in Handelinge, het die dissipels baie interaksie met die Heilige Gees se werking.
Dit is goed jy gebruik die woord “sektes” – ’n sekte is juis ’n term vir afvallige groeperinge, maar jy fouteer om te dink dat dit Christelike sektes is – hulle is sektes, maar nie-Christelik, nie. As Kerneels n gevolg sou kry, sou dit 'n tipeise voorbeeld van 'n sekte wees – nie dat jy in jou insigloosheid die verskil sal kan insien nie. Jy weet werklik wie en wat ’n Christen werklik is nie. Maar, daardie sektes was maar ook in die minderheid by verreweg, nes vandag, maar is gaandeweg uitgesuiwer – logiese proses.
Wat Mattheus 28:19 aanbetref: "19 Go therefore and make disciples of all the nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,…" – Slegs die woord “therefore” verskyn nie in die meerderheid teks nie (wel in die tradisionele teks), dit wil sê slegs daardie woord, is uitgelaat in slegs die Griekse Nuwe Testament Meerderheidsteks, maar nie die ander, nie. Jou bewering dat die verwysing na die Drie-eenheid uitgelaat is, is soos gewoonlik, van alle waarheid, insig en gronde, ontbloot.
Wat 1 Johannes 5: 7 aanbetref: 7 For there are three that bear witness in heaven: the Father, the Word, and the Holy Spirit; and these three are one.” - Slegs die woorde “in heaven” is uitgelaat in die Alexandrynse, Egiptiese en die Nuwe Testament Griekse Meerderheidstekste, maar kom weer in al die tradisionele tekste voor, terwyl die verwysing na “the Father, the Word, and the Holy Spirit” in ál daardie manuskripte voorkom. Trouens, dit sluit aan by talle ander verwysings deur die HERE Self in die Nuwe Testament, soos byvoorbeeld Johannes 10:30.
Maar enige regdenkende sal weet dat die Vader, Woord en Heilige Gees en Hemel bymekaar hoort, want die Hoogste Hemel is die Goddelike woning. En dan is daar ook die feit dat die einste Woord, die HERE en die Heilige Gees die opskrywing van die Woord inspireer en só dus latere vertalings ook inspireer om dit ooreenkomstig die Goddelike Waarheid te bring.
Dus, al wat bedrieg en vervals is, is jou insiglose siel…
En dan wat jou uitnodiging aanbetref, in die lig van die korrekte en ware feite, nooi ek jóú uit om saam met my te glo dat die Heilige Gees Lééf!
Kobus de Klerk
Hello Angus
Jammer oor die gulps...ek bedoel glips hierbo, maar daar is 'n slang in die gras ook. Die skrywers van Matteus en Lukas, definitief nie die dissipels nie, skiet hulleself goed in die voet. Matteus gee 'n lang geslagsregister wat begin by Abraham wat toon dat Jesus kom uit die geslag van Dawid. Lukas doen dieselfde, maar hy begin by Adam! Om seker te maak dat Jesus van Nasaret in Betlehem, die stad van Dawid, gebore word, gee hierdie twee narre elk 'n hopelose onversoenbare weergawe van Jesus se geboorte. Die details is nie hier belangrik nie, maar eerder die moeite en voetwerk wat dit verg om Jesus direk te verbind met die huis van Dawid. Die Hebreërs was 'n patrilineêre samelewing en enige argument van apologete vir 'n matrilineêre Joodse samelewing is nonsens. Kobus kan dit opvat word met sy local Rabi.
Die enigste spanner in hierdie flukse weergawe van Matteus en Lukas is dat Josef nie die pa is nie, maar die Heilige Gees (God die Vader, wink-wink, wat in elk geval meer sin maak). Hy het voor Josef geslaap by Maria (fok, die storie raak al meer 'corny'). Al die moeite van hierdie twee ape was pure verniet. Daar is geen manier, tensy Josef tog die pa was, dat Jesus is van die geslagslyn van Dawid. Enige "voorspelling" wat Christene trek uit die Ou Testament dat Jesus gebore word uit die huis van Dawid is dus noodwendig str***. Kobus en sy Donkerbril-Spirituele-Insig-Konfederasie kan nie hierdie broodjie altwee kante botter nie.
Ek wonder of Kobus nog steeds lus is om vir ons te sê soos die ou Engelse gesegde gaan (?): "Bring it on, stupid boys". Onthou jy nog?
Mooibly
Chris
Kobus, miskien moet jy jou kinderbybel nou wegpak vir 'n tyd. Jy spandeer soveel tyd aan kyk na prentjies dat jy nie meer jou aandag bepaal by die teks nie. Die argumente hierbo vir Matteus 28 en 1 Johannes 5, en jou erkenning dat die teks verander is: "En dan is daar ook die feit dat die einste Woord, die HERE en die Heilige Gees die opskrywing van die Woord inspireer en só dus latere vertalings ook inspireer om dit ooreenkomstig die Goddelike Waarheid te bring" maak jou standpunt belaglik/spiritueel. Wat ek egter onder jou aandag wil bring is die volgende verse waarna jy verwys ter ondersteuning van die Heilige Gees:
Psalm 51
Dawid voel soos 'n vark nadat Nathan hom uitkak oor sy egbreek met Betsheba. Hierdie is een groot gatkruip by God. Die Heilige Gees is net in swak/oneerlike vertalings wat vis vir 'n ortodokse doktrine in die Ou Testament.
10 Create in me a pure heart, O God, and renew a steadfast spirit within me. 11 Do not cast me from your presence or take your Holy Spirit from me. 12. Restore to me the joy of your salvation and grant me a willing spirit, to sustain me. (NIV)
10Create in me a clean heart, O God; And renew a right spirit within me. 11Cast me not away from thy presence; And take not thy holy Spirit from me. 12Restore unto me the joy of thy salvation; And uphold me with a willing spirit. (ASV)
10 Create in me a clean heart, O God, and put a new and right spirit within me. 11 Do not cast me away from your presence, and do not take your holy spirit from me. 12 Restore to me the joy of your salvation, and sustain in me a willing spirit. (NSRV)
Isaiah 63
Hierdie hoofstuk is deel van 'n beskrywing van die teleurstelling wat ervaar word deur die Judaïte wat teruggekeer het na Jerusalem onder die beskerming van Cyrus. Dit is 'n tydperk van diep godsdienstige, sosiale en ekonomiese verdeeldheid. "Attention is directed increasingly away from an unsatisfactory present to the projection of a future intervention of God in judgment and salvation, an apocalyptic vision of a purified people and Jerusalem as the religious capital of the world" (NSRV:1338) Weereens geen verwysing na die Heilige Gees soos wat die vertaling verbeter:
10 Yet they rebelled and grieved his Holy Spirit. So he turned and became their enemy and he himself fought against them. (NIV)
10But they rebelled, and grieved his holy Spirit: therefore he was turned to be their enemy, ‘and’ himself fought against them.(ASV)
10 But they rebelled and grieved his holy spirit; therefore he became their enemy; he himself fought against them. (NRSV)
Robert Price het 'n boek geskryf met die titel: The Increddible Shrinking Son of Man. Dieselfde gebeur hier met die Heilige Gees. Jou KJV en Afrikaanse Bybel is seker goed genoeg daar in Spiritueel-Insig-Land, maar faal totaal wanneer jy dit hier as argument wil aanbied.
Chris,
Is dit werklik moontlik dat jy nie verstaan wat jy self aanhaal, nie?
Jy haal vir my uit drie Engelse vertalings aan, insluitend jou persoonlike gunsteling (wat érg militeer teen daardie vertaling), die NRSV, in ’n poging om my te weerspreek, en in ál drie word verwys na die Heilige Gees in die Ou Testament – wat jou natuurlik weerspreek – maar jy probeer voorgee dit verdwyn, dit bestaan nie? Wat op aarde is fout met jou?
Wat jou eie interpretasie van Psalm 51 aanbetref, moet ek vir jou sê dat die nie eens die kuberpapier werd is waarop dit aangebied is, nie – komende van jou is dit nikswerd, want jy het nie die vaagste benul van die werking van die Heilige Gees en die invloed en uitwerking van die oortuigingskrag van die Gees, nie. ’n Proses van berou en verootmoediging is in jou lewelose, vlak siel, “gatkruip” – sien ook jou hantering van die swangerskap van Maria.
Jy is waglik – ek kan my net voorstel wat onder daardie vineerlagie van “ordentlikheid” wat jy wil voorhou, aangaan – want jou gesprekke met my is besig om dáárdie vineer stap vir stap af te skraap en nie lank nie, of almal sal sien watter walglike vuilpit daar werklik onder daardie fineerlagie skuil – dit gebeur met julle almal.
Ja, daar was verdeeldheid, tussen ware gelowiges en afvallige afgodsdienaars, en was al só vir baie lank voor die verstrooiing. Die volk is juis verstrooi weens hulle afvalligheid van die ware Godsdiens en van God – maar die profeet Jesaja is ’n báie getroue dienaar en by hóm is daar géén twyfel oor Wie en Wat die Heilige Gees van God is, nie en dit is sý gebed waaruit jy aanhaal.
Jou plasing en interpretasie van die gedeeltes van Psalm 51 en Jesaja 63, is ’n growwe mistasting, ’n lagwekkende poging en tipies die werk van ’n onkundige, oningeligte, insiglose snertprater.
Hoofstuk 63 verwys na ongeveer 700 v.C. en die eerste ses verse is ’n profesie, ’n profetiese beeldspraak, verwysende na God, Wie “terugkeer” (vanaf die Spirituele Edom ter verlossing van die Spirituele Sion) nadat God die verdrukkers van Sion verdelg het – dit is hoofsaaklik Spirituele beeldspraak en pragtige prosaïese digwerk.
Die res van die hoofstuk, vanaf vers 7, tot by hoofstuk 64:12, is ’n boet-en smeekgebed van Jesaja aan God en verwys na en steun op die Goddelike verlossing van die Egiptiese juk en die eksodus uit Egipte. Hoofstukke 65-66 daarna, is die Goddelike antwoord en verlossingsbelofte, óók in beeldspraak, maar verwysende na toekomstige Spirituele verlossing.
Op daardie stadium, op die laatste net na die eerste wegvoering van die Judese volk onder die afvallige Manasse deur die Assiriër Sanherib, was dit nog ongeveer meer as twee eeue later, wat die volk onder leiding van Esra en beskerming van Kores (Cyrus) die uittog onderneem het, dit wil sê, ongeveer 400 v.C.
Hierdie dinge is vér bokant jou begripsvermoë en vuurmaakplek, vandaar die absolute louter snert wat jy daaroor kwytraak. Jou hele konstruk is ’n spul bog, maar ek verwag niks anders van jou, nie.
Wat die genealogie van die HERE Jesus in Lukas en Mattheus aanbetref - Jesus het géén natuurlike aardse vader, waarvan die genealogie uitsluitlik genoem kan word, soos die gebruik is, nie – tewens, Jesus Christus het maar slegs ’n aannemende aardse vader, van wie die genealogie wél genoem word (omdat daar geen natuurlike aardse vader is nie), maar om die aardse verbintenis met die huis van Juda te bevestig, ook dié van die enigste menslike (aardse) natuurlike ouer, sy moeder Maria (Lukas se genealogie, sonder om haar by naam te noem, maar wel haar manlik bloedlyn van vrouekant), en vandaar dat ook háár genealogie vermeld word, hoe ongewoon dit ookal vir die tyd waarin dit gegee is, mog sy.
Ek sê weer – as jy kundig was, as jy geweet het wat aangaan, dan sou jy ’n gelowige wees.
Kobus de Klerk
As die enigste gereedskap wat jy het, Kobus, 'n hamer is lyk alles na spykers. Jou spirituele insig is 'n hamer wat die geslagslyn en maagdelike geboorte soos twee spykers in een gaatjie wil inkap. Jou argument hierbo is lomp en belaglik. Dit kom eenvoudig nie ooreen met gebruike van die Jode uit die antieke tyd nie. Die geslagslyn van Maria is juis 'n poging van ortodokse Christene om hierdie teenstelling te probeer wegpraat.
Chris,
Kom nie ooreen met die gebruike van die Jode nie? Watter absolute snert - 'n bewering wat jy nie kan substansieer nie. Dit is jou probleem, jy maak wilde, ongesubstansieerde bewerings.
Die Waarheid sal dit egter weerlê.
Ek sal 'n brief hieroor plaas - jou onkunde is jou ondergang. Jy beweeg op terrein waar jy nie opgewasse is nie, want jy het nie kennis nie, wat nog te sê, insig.
Die ironie is dat dit jy is wat net een stukkie gereedskap het, en dit is vooroordeel. Daarmee wil jy nie die nuttige ding doen om spykers in te kap nie, maar om alles stukkend te maak - en al wat in die pad is, is jou eie vingers...
Hou maar dop.
Kobus de Klerk
Ek het dopgehou Kobus en toe kom jy met "Die genealogie van die HERE Jesus Christus, vir agnostiese dummies", aangekondig en afgesluit met 'n verminderde akkoord op jou blokfluit.
Hoekom bly jy nie maar op hierdie blad nie? Is dit omdat jou naam nie bo-aan geskryf is nie?
Vir een, nee twee, redes - dit gaan oor die genealogie (dalk weet jy nie, maar "genealogie" is nie dieselfde as "geboorte" nie). Ek het geweet jy kan baat vind by orde, want jy sukkel om by die onderwerp te bly - baie afleibaar.
Kobus
Panda, jy weet duidelik waarvan jy praat; die ou grote Kobus daarteen, blaker als uit wat hy meen die goddelike waarhied is ...