"Ma se baktoen" deur Gert de Jager

  • 0

Ma se baktoen

Maja en boetie hol
Maja en sussie snol
Maja en pa laat waai
21 Desember 2012 was mos Maja-tyd se ghoebaai
Die einde was regtig naby
toe ma vir pa mos weer voor die TV kry
Hy wou glo die Maja-baktoen van nader bekyk
toe ma-ja se pa-ja dit vinnig laat wyk
Ma-nou-ja dis net deel van die storie
dié spesifieke dag was toe sonder glorie

‘n Baktoen se einde bring glo katestrofe
die Maja’s neem dit vir ‘n feit
Nou’s hul in elk geval hul kalender kwyt
Ma-ja vir pa met ‘n gelaaide harpoen
hier kom ‘n groter katastrofe as die laaste dag van ‘n baktoen
Pa sou dit nooit kon raai
maar Maja-tyd is vir eers weggewaai
Die Maja’s sê ghoebaai

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top