superstreng g’programmeer, struktuurgeweldswildernis in,
hlopekha Mens, ter wille van Oorlewing, t’midde van t’kort,
t’min hulpbronne in Natuur, t’min natuur b’nutbaar, eish,
t’min mede-, Menslikheid, ubuNtu, absoluut zero Paradys
neem jeug leiersrol, Malemaoïsties, ultra-korrup, rolmodel,
tenderprendeneuristies, g’reed, hardkoppig vir BEE t’stry,
inne Afro-Afrikaans Afriforumities mite, Orania inne Azania,
“ras” en “klas”, so onvanpas, regressief, ouskool-pejoratief,
Self-destruktief, onkund’-ontkennend, “Duiwelspiek”-sieklik
voel Mens soms, mede-Mens, Naaste, ko-Aardling,
verdien nie noodwendig b’vryding, ytie lyding,
asof vloek op Gam van krag bly, ja, Vader s’n,
vir g’slagte, generasies, voorouers, voor-Mens,
maak’t mos vir niks, plus niemand, nog sin
Self-destruksie, uitwissing, verwoesting, van eie,
Waarlik, net Via Hersiening, B’sinning, Pro Veritate,
kan Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens ’T herwin,
God Se Waarheid, Volledig, in al Allah Se Eer herstel
Jacobus Faasen

