Hierdie grappie het ek sopas van ’n Kaapse vriend gekry – dis ongelukkig nie my eie nie.
Dit het my laat dink aan die radio-onderhoud wat in Vorster se tyd met een van die ysters in die Springbokspan gevoer is.
“Waaraan kan u julle sukses toeskryf met die toer na Aust en NZ?”
"Wel ons maak maar altyd sag voor en slaan met die agterlyn."
“Wat dink u van internasionale politiek? Wat behoort Vorster se plan te wees?”
"Wel ek dink hy moet maar net sagmaak voor en slaan met die agterlyn."
“Wat dink u van die meisies van Aust en NZ?”
"Wel ek dink ons moet maar net sagmaak voor en slaan met die agterlyn!!"
Hier volg my vriend se grappie:
’n Ou by die werk vertel die volgende aan my as die waarheid.
In die '70s speel Polisie teen UCT. Cliffie en Skattie Etsebeth is Polisie se voorry en slot. Polisie se lynstaantekens is die normale 7, 12, 5, 9 ens maar UCT gebruik woorde soos Pithagoras, Kwadraat, Hippokrates ens. Daar was weer ’n lynstaan en dit is UCT se bal. Terwyl die manne oplyn en wag, roep UCT se haker weer die tekens. Cliffiie staan skynbaar voor en draai om en kyk na sy broer met die volgende woorde.
"Skattie, vergeet al daai snaakse nommers... hulle gooi heeltyd op daai poes met die rooi baard."
Dis die dae toe WP nog die Curriebeker gewen het!
Laat dit vir julle ’n les wees.
Outoppie

