Lux Verbi-weggee: Boeke vir die gesin – wenner aangekondig

  • 0

Lux Verbi verryk jou gesin se geesteslewe met die volgende weggeeboeke:

In God se teenwoordigheid
Johan Smit

In God se teenwoordigheid is Johan Smit se nuutste dagstukkieboek in grootdruk vir die ouer mark.

Koop In God se teenwoordigheid by Kalahari.com!

Hemel op aarde: God se plan met jou huwelik
Rassie Malherbe; Marietjie Malherbe

Die huwelik is 'n belangrike deel van God se plan vir ons lewe. Hy het ons gemaak om mooi, gelukkige en vervulde huwelike te he – 'n stukkie hemel op aarde. Ongelukkig beskou al hoe minder mense die huwelik as 'n instelling waar hulle 'n verantwoordelikheid teenoor hul lewensmaat, God, hul kinders en samelewing het. Rassie en Marietjie Malherbe glo hul huweliksgeluk is aan God se genade te danke. Tydens hul gelukkige huwelik van 36 jaar het hulle al talle huwelikspare gehelp om ware huweliksgeluk te vind. In Hemel op aarde gee hulle Bybelse sleutels en riglyne vir 'n suksesvolle, Godgesentreerde huwelik. Dis 'n praktiese gids vir individue asook beraders en pastore.

Koop Hemel op aarde: God se plan met jou huwelik by Kalahari.com!

Seën met slaaptyd: Volume 2
John Trent

Seën met slaaptyd 2 is spesifiek gemik op kinders jonger as sewe en sal slaaptyd vir jou en jou kind 'n heerlike ervaring maak. Nes die uiters gewilde Seën met slaaptyd volume 1 bevat die opvolgboek ook 100 maklike idees, waaronder stories wat jy vir jou kind kan voorlees. En net voordat jy die ligte afskakel, is daar ook ‘n gebed wat jy hardop kan lees. Op hierdie manier bevestig jy jou liefde vir jou kind en verdiep jy jou kind se verhouding met God.

Koop Seën met slaaptyd 2 by Kalahari.com!

Stuur 'n e-pos aan [email protected] met "LuxVerbi-weggee" as die titel van jou e-pos. Onthou om jou kontakbesonderhede en posadres in te sluit!  Die sluitingsdatum is 10 Mei 2012.

Wenner: Ester Byleveldt, Die Hoewes

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top