“luukse” van laissez faire

  • 0

plan, soos vooraf b’raam, noggie selle, Mens,
volg’ns V’rbond, Lewe Twee, ou Ark in t’gaan,
nie n’dwennig b’hoeft’, v’n G’wete t’v’rstaan,
onsimpatiek, versus Naast’, mede-Sapiens

onv’rtroud m’t tjôtjômbi-leefstyl, t’lank al in paleis,
krisis, kolossaal, Veritas’t toe v’rdwyn, sonn’r trys,
lat minn’rheid ann’r se min- en swaarkry ignoreer,
kapitaalslaaf hom of haar, min aan Voorskrif steur

v’rbrokk’l pole, kop en gat van struktuur, Lief Aarde,
wet’nskaplikes nie een(s) op frokk’l-uitkoms g’fokus,
g’wet’nlose’t G’wete-loos trein v’rpas, die bus g’mis,
skat mampara Verifieerbaarheid glattie na waarde

menslikheidsperk gru deur Mens oorskry,
lat waansin van Self-destruksie voortg’dy

Jacobus Faasen  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top