Luciferpsalm
gevleuelde, gevalle kind
van (r-)ewolusie,
jy ken die hel van die Hemel
waar die slawe-kinders
van vlees en visse
redeloos rondwemel;
bring jou
Verligting
en laat my ewig rus
in die
onrus
van dwalende sterre
© M. Labuschagne


Kommentaar
Baie geslaagd.
Baie dankie.