"Love at first sight" deur Schalk Kearney

  • 0

Love at first sight

Diep was ons woorde my engel
Verstaard in jou oë bly ek staan
Ek was ’n player met vele nommers
Sal jy tog my hart steel vanaand

Kliphard weergalm jou hoëhakskoene
Misplaas ek jou naam weer vanaand
Jou koshuisvriendinne staan en wag al
Sal jy by my slaap vanaand

Koor

Ek dink nie ek glo in love at first sight nie
Maar jy’t dit vir my gedoen
Ek kan nie glo ek het dit opgemors nie
Maar nou weet jy hoe ek voel   x2

Dit was ’n koue wintersoggend
Met jou skoene staan jy in jou hand
En met ’n piksoen verlaat jy my vlugtig
Sien ek jou dalk weer vanaand

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top