Om krummels van die tafel van die "veroweraar" te kry, word daar van ons verwag om politiek-korrekte antwoorde te gee.
Of hoe?
Ek het groot waardering vir genl Opperman se besondere bydrae tot die beskerming van die Afrikaner se kultuurerfenis en ek verstaan hoekom hy geantwoord het soos hy dit wel gedoen het.
Maar dit frustreer my ...
Buitelanders wat die Voortrekkermonument besoek is in ekstase oor die monument en wat dit simboliseer: ’n Blanke volk (die enigste) wat hom hier op die vasteland van Afrika kom vestig het; ’n volk wat hierdie land kom ontworstel het aan die wildernis; wat die land mak gemaak het deur die aanlê van plase, dorpe en stede en alles wat daarmee saamgaan.
Maar wat hulle die meeste verstom, is dat ’n volk wat dit alles reggekry het, hulle onderwerp het aan ’n miserabele kommuniste bende wat die land in die afgrond in regeer.
Vriendelike groete.
André Alkema


Kommentaar
Jan Rap het op 14 deser oor die Boeremagverhoor geskryf. My hart gaan uit na hierdie idealistiese mede-Afrikaners wat familie, bv vroue en kinders, het. Die vraag is of die onwettigheid van die huidige regering, wat ek voorheen uitgewys het, by vonnisoplegging in ag geneem gaan word.
Sedert 1994 sit ons met 'n onwettige regering omdat die kiesers van die vorige politieke bedeling nooit tot algehele magsoorgawe ingestem het nie. Hulle is magsdeling belowe en die meerderheid van hulle sou op die behoud van minstens 50% van die mag en ook vetoregte aangedring het. Sekerlik ook dat rassediskriminasie onwettig verklaar moet word. Nou moet die wittes vir lief neem dat daar na hartelus teen hulle gediskrimineer word. Hulle is uit hulle toekoms verneuk, terwyl dit gewoon nie in die landsbelang is nie.
Van die dinge wat my grief, is dat die politici uit die vorige bedeling wat hierdie verraad gepleeg het, nie deel van die nuut-verarmde Afrikanergemeenskap is nie. Hulle leef in weelde. Die hoofskuldige roem daarop dat hy die helfte van die tyd in die buiteland deurbring. Ek en die meeste ander wittes moet teen wil en dank elke dag in die nuwe Suid-Afrika deurbring. 'n Spoedige verandering in die status quo is nie in sig nie. Dit lyk asof wat opgebou is, tot in die grond afgebreek word. Heropbou, indien ooit, is eeue in die verskiet.
Johannes Comestor