Lila Magnus het 5 minute aan die 'onpersoonlike' ondersoek van 'presidensiële kommissie' op RSG spandeer. My vraag, het 'dood' dan 'n persoonlikheid? Die 'nuwe geslag' se denke wil 'menslikheid en emosie' in alles sien? Die kommissie is 'n helse politieke geldmors en in elk geval 'n duplisering van die normale geregtelike dood-ondersoeke in die Rustenburgse Landdroshof en op 'n manier regsverydeling van normale regsproses weereens met politiek. Is SA-regbanke werklik onafhanklik van ANC en ander politieke partye?
Hans Richardt

