"Live music" by Jana Dreyer

  • 0

Live music

Jy’s die live music wat my hart laat klop
Jy hou my op my voete, omgekrap en omgedop
Jy’s die staalsnare op my kitaar
Wat my vingers kan streel, wat my siel laat bedaar

Jy’s die swart-ink-woorde op my wit papier
Wat my kop deurmekaargooi en my lewe versier
Jy’s die koue houtrug van my ou kitaar
By jou voel ek veilig as ek teen jou staan

Koor           

Want jy’s die oldies en die singles en die greatest hits
Jy’s die jazz en die blues en die rockmusiek
Jy dwing my om te luister en jy maak my vry
Sit die ritme in my voete en die woorde binne my


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top