Ek raak effe deurmekaar met die keuse of ek julle webblad of die weeklikse nuusbrief moet lees. Tydrowend en verwarrend om albei te doen. Kan julle dalk vir my opklaar wat die twee se verskillende doelwitte en benadering is, sodat ek weet watter een om te lees, of wat om te verwag van elk. Groete, F Fourie
Baie dankie vir jou navraag. Jy hoef nie te kies tussen LitNet as webwerf en LitNet se nuusbrief nie. LitNet, die webwerf, is altyd op die internet - so beskikbaar soos Google of Facebook. Maak LitNet jou rekenaar se tuisblad.
Hierdie webwerf wys jou hoe om jou rekenaar se tuisblad te verander na die werf van jou keuse.
Die LitNet-span laai elke dag en voortdurend nuwe materiaal op LitNet. Klik op Als op LitNet, bo in die regterkantste hoek, om chronologies te sien watter nuwe materiaal geplaas word. Die nuusbrief verskyn een maal per week. Hierin verskyn 'n keuse van materiaal wat op LitNet verskyn het. Die nuusbrief is ’n vertoonvenster van LitNet se bedrywighede. Jy kan dit lees soos ‘n tydskrif wat jy koop - net wanneer jy kans het.
Jy kan ook inteken op LitNet se RES-voere sodat jy ingelig word elke slag as materiaal op LitNet verskyn.
Klik op hierdie logo
Volg die instruksies. In die toekoms sal jy elke slag 'n e-pos ontvang sodra daar enige nuwe materiaal op LitNet verskyn.
Daar verskyn méér op LitNet self as wat jy in die nuusbrief lees. Briewe word elke dag op LitNet geplaas en daar is eenvoudig nie plek om dit alles op LitNet se nuusbrief te laai nie. Dit geld ook blogs. So lees eerder LitNet self, elke dag, as wat jy wag vir die nuusbrief wat net een maal per week verskyn.
Ons doelwit en benadering met die webwerf en die nuusbrief is dieselfde: ons wil lekker vermaaklikheidsnuus, stories oor boeke, en meningsartikels aanbied op ’n plek waar almal wat toegang tot die internet het, dit gratis kan lees.
Ek het jou ook ingeteken om kommentaar onderaan materiaal te lewer - ek stuur vir jou ’n persoonlike e-pos met die besonderhede. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder



Kommentaar
Die stadige reaksie van Argief beproef 'n mens se geduld, veral as meer as een item daarin nageslaan word. Daar is drie maniere om dit te vermy.
Eerstens kan op die outeur se naam geklik word, as na 'n ander skrywe as die een op die SeNet-werf gesoek word.
Tweedens kan die outeur se naam in die soekenjin regs bo getik word.
Derdens kan op Als op Litnet regs bo geklik word. Laasgenoemde is dalk in die meeste gevalle die beste opsie.
Johannes Comestor