LitNet se "kos is kitskuns-kompetisie": wenner aangekondig!

  • 0

Geagte medewebbewoners

Julle weet hoe dit gaan: mens vertel nie meer vir jou vriende nie, mens vertel vir Facebook. Hokaai voor jy wegval met jou ete: vang daai slaaisous wat van die vurk wil afdrup, op 'n foto vas.

LitNet wil jou fotokuns sien. Dis jou meesterstuk net tot jou volgende Facebook-vriend sy status bywerk, maar vir hierdie dertig sekondes kraai jou spanspek koning, is jou bloubessies baas.

Wys dus jou agurkies vir die skare, spog met die skaapkop voor jy wegval.

As jy jou Instagram-foto's op LitNet Web se muur plak en dit trek ons of ons lesers se aandag, kan jy boonop 'n lekker boekpakkie met dié drie watertandboeke wen:

Boendoe-kos vir die Afrika-bos
Rita van Dyk
Struik Lifestyle

Food Jamming with Jade
Jade de Waal
NB-Uitgewers

Maklike tafelversiering vir elke geleentheid
Noeleen Foster, Clare Huisamen, Ingrid Loud
Random House Struik

Moenie dit eet nie, Instagram dit (en wen). Dit moet jou eie foto's wees.

Jy kan foto's neem en plak tot 14 Oktober 2013.

 

Bygewerk: 16 Oktober 2013

Ons was mal oor Alison Schwartz se inskrywings. Baie geluk, Alison! Jy is die wenner van die boekpakkie.

Watter koskiekie is jou gunsteling? Lewer kommentaar onderaan die artikel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top