Ligsku en lagsku

  • 0

ligsku

Ek lees die twee laaste sinne van  Pieter Vorster , voorsitter van die Afrikanerbond, se  betoog  “Dié fasiliteerder het spelreëls verbreek” ( Rapport 20 Mei) sonder enige verbasing.

"Enige toekomstige  gesprekke behoort daarom buite (sic) die kalklig plaas te vind, gelei deur ’n kundige persoon wat die proses onpartydig en sonder enige vooroordeel sal kan bestuur. Croucamp is geweeg en te lig bevind."

My kommentaar:

’n Skaap kan nie van wol verander nie  (vgl a leopard can’t change its spots) Die AB kon sedert 1919  sy ’dinge’ die beste  “buite die kalklig” — meer korrek buite enige lig — doen  Edele opheffingsaksies  het gou plek gemaak vir die negatiewe  — wat benewens vir die slu ontmagting van mede taalgenote wyd aandadig gehou word  vir Apartheid.

In ons fleur is ek en andere nie die flambojante draaie van byvoorbeeld ’n Esterhuyse of ’n Terreblanche deur die AB gegun nie  Ons is vooraf  “geweeg” (deur wie?) en "te lig bevind"  (deur wie?).

Vorster is uit die aard van die AB verstrengel in die fynskrif van "Bepalings en Voorwaardes".

Dus vir my, as ons tot dié eng keuse ’gedwing’ word — “duisend maal” (dit klink ’n bietjie te veel) eerder Croucamp as Vorster.

Lagsku

Die aanvangstelling van Anton van Niekerk (DB 21 Mei)  Rian Malan se “resensie”…is iets tussen ’n (baie onsuksesvolle) poging om snaaks te wees…” is nie onverwags nie . Dit herinner my aan sy befaamde optrede in die berugte “Slurpie” episode wat op film vasgelê is ’n aantal jaar gelede.

Wat hy (waarskynlik) ook nie snaaks sal vind nie was my reaksie in ’n brief aan DB (17 Augustus 2006) oor Willie Esterhuyse se “druppel toekenning” aan diegene wat in “die verandering” betrokke was — Iets soos "Esterhuyse het ook sy druppels uitgestippel maar wag rather coyly vir ander om dit in te kleur".

Wyle van Zyl Slabbert het dit (tydens ’n tweegeveg met Esterhuyse in die briewekolomme van DB) nogal snaaks gevind — dit het ek van ’n onberispelike bron baie na aan hom telefonies verneem.

Natuurlik was ek verkeerd. Esterhuyse het dit nou met Eindstryd self sy druppels ingekleur en ek gee toe nogal goed.

Van Niekerk gaan voort : "Esterhuyse was in 1987 (sic)  nie heldersiende nie…" Onwillekeurig kom die vraag by my op — wanneer was hy dan "heldersiende"?

Waarskynlik het dit te doene gehad met God en die gode van Egipte.

Nie Esterhuyse, van Niekerk, Malan, ek of wie ookal is of was heldersiende nie.  Al wat ons deel is die eier in die gesig waarmee ons vandag sit na die euforie van 1994.

In die toekoms net soos in die verlede sal “dank, sinisme, suur druiwe” en laaste maar nie die minste humor (’gewone’ en ’galge’) ons reaksies “inkleur”

Willie Esterhuyse mag homself as die onwillige skyf van hierdie brief beskou.

Die lesers hiervan kan gerus weer “’n Hart wat lig is” deur Sandra Troskie (DB 3 Julie 2010) lees.

Ek het, en met waardering,

Naas Viljoen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top