aan als w’t eties, moreel, moes wees,
een moersk’ t’kort, Mens hou nie fort,
m’t hyshoud’ng, Self-d’struksieteorie,
Mens glattie meer ’n rolmodel-spesies
v’rvlaks, gees v’rvlak, via wil vannie vlees,
Millennium Drie Homo Sapiens, erg v’rword,
onkund’-ontkenn’r, amp’r sat, bai’ min visie,
nie voorspelb’r, wie s’l wen, oorlew’ngsresies
kanti, mede-Aardling, daa’s b’slis ’n way,
Mens moet noodg’dwong’ daa’voor stry,
G’wete-herwinn’rsboek’s enigst’ pass,
ligjare ver van struktuurg’weldsg’raas
soms sien Mens onvisueel, g’heelbeeld net mis,
soms aksepteer Mens t’veel wat suiw’r illusie is
Jacobus Faasen

