liewe jimmeltjie

  • 0

stap-vir-stap, illegitimisering, van “ras” en “klas”,
sien Mens, so, optimaal, Mens-Wees, Siel en Vlees,
eintlik ‘s’t al, waardeur Mens Mens Self kan g’nees,
steeds dromend, vanne Hemel, Paradyslik, soos’t was

al probeer Mens, mede-Mens, Gewete-loos, af te maai,
status quo’s, quid pro quo, volgens Reg, sisonke, gelyk,
sal Mens, via Waarheid, uiteindelik, ’n erken-punt bereik,
verdeeldheid’s wyd gesaai, kapitalis kennie van omdraai

maak dood, of vrek self, ‘s omni-universeel oorlogpraktyk,
selfmoordbomme, kleefmyne, koeëls, missiele, ruis-’n-suis,
maar Mens laat vernietiging, destruksie, van Self, m’t vrede

nie heeltemal so moeilik, té wetenskaplik, te verstaan,
kanti, Suiwerheid van Geregtigheid, bloot Waarheid tog,
Mens, Naaste, Nostra Familia, almal syn uit symste Huis

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top