liefste prez JZ

  • 0

binne magshebberswoordeboek, idiolek, woordeskat,
bly magshebbelikhede, by verstek, juis, in regte rat,
al’s als op hoogste vlak, regstegnies onpluis, ai, ja, a,
nommer een slaap mossie elke aand in een selle khaya,
neem hartlik van almal afskeid, weer ’n vlug, kom terug

want sonner meerderheidsteun, soos uit anti-apartheidsdae,
val enige kaartehuis, sonner fondasie, fundamenteel in duie,
al ervaar regime, eg agitpropperlik, juistemint, behoorlik, eg,
hoe iemand uit hul heel eie binnekringgeledere, so onbehoorlik,
sonner respek, eenheid van Alliansie, doel van NDR begin teiken,
hele proses van nasiebou, versoening, integrasie, in twyfel trek,
laat lyk nie-rassigheid soos ’n mirage, visioen, illusie, droom,
laat slapende honne, wagte, wakker skrik, onmiddellik bewus,
hoe gewetenloos Gewete-loos Millennium Drie Homo Sapiens,
is, wil wees, strewe, ’t by rolmodel optel, versprei, dissemineer,
liefste prez JZ, selfs umNtu se ubuNtu gee parthenonisties mee,
niemand hoor hoe armste van armstes weeklaag, om hulp skree

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top