liefste, jy weet

  • 0

absoluut onvermyd’lik, onvermydbaar, meid,
God se Waarheid, Mens is, ja, binnekort daar,
al rol Mens koorsig onkunde-ontkenning uit,
struktuurgeweldprogram, regeringstaatsprojek

liefste, jy weet, hoe voel ek, soos ’n dom gek,
sukkel, histories in geskiedenis t’rug te trek,
absoluut verbysterend, Self-bejammerend,
Mens, gewetenloos, Gewete-loos, dikvellig,
tjètterig, soos die Luthuli-HK-spioen, eg,
reg om vete met tenderpreneur te besleg,
liefstetjie, lankal dra jy al kennis van alles

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top