Liefmens

  • 0

solank Mens Naaste, mede-Mens,
Homo Sapiens Sapiens, ko-Aardling,
as “iemand anners”, “vyand”, “teiken”,
sien, ervaar, beleef, strak abstraheer,
wesenlik, wetenskaplik rasionaliseer,
weet Mens nog gewetenloos niks, Abba,
van U Jota, U Kapittel, U Nommer Een,
hoe Mens mede-Menslik móét wees,
sonner om op sjatanslis hoef t’steun

Jacobus Faasen

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top