Liefdeswolke
Diep lê die spore
iewers op ‘n strand.
Onder water versteek
maar nog so vlak,
vlak in my hart.
Ek staan op ‘n berg,
dit is Tafelberg
en op die wind
hoor ek nog jou naam.
Koor
Vat my na ‘n plek
waar ek vry kan wees.
Daar waar die golwe
oor die rotse rond beweeg.
Vat my na ‘n plek
waar liefde groei.
Daar waar liefdeswolke se harte bloei.
In my drome stap ons
saam oor die warm sand,
en ek wonder
hoe lank jou hart se vuur
vir my sal brand.
In die nagte trek ek kring
om die maan,
en ek wens
dat jy weer by my
sal staan.
Koor
Vat my na ‘n plek
waar ek vry kan wees.
Daar waar die golwe
oor die rotse rond beweeg.
Vat my na ‘n plek waar liefde groei,
daar waar liefdeswolke se harte bloei.
En saans as die son
so saggies aan my raak
en met die laaste straal
wens ek ek kon
dit als, als regmaak.