"Liefdeswolke" deur Natascha Swart Theart

  • 0

Geskryf vir: Alle kunstenaars

Diep lê die spore
Iewers op ? strand
Onder water versteek
Maar nog so vlak
Vlak in my hart

Ek staan op ? berg
Dit is Tafelberg
En op die winde
Hoor ek nog jou naam

Refrein:
Vat my na ? plek
Waar ek vry kan wees
Daar waar die golwe
Oor die rotse rondbeweeg
Vat my na ? plek
Waar liefde groei
Daar waar liefdeswolke
Se harte bloei

In my drome stap ons
Saam oor die warm sand
En ek wonder
Hoe lank jou hart se vuur
Vir my sal brand

In die nagte trek ek kring
Om die maan
En ek wens
Dat jy weer
By my sal staan

Refrein

En saans as die son
So saggies aan my raak
En met die laaste straal
Wens ek ek kon
Dit alles regmaak

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top