"Liefdesvers" deur Patricia van Jaarsveld

  • 0

Liefdesvers

En tussen Hoëveldgras en blom word
my hart in ink, lyn en punt aan jou
in liefde opgedra, my woorde in
klanklose silwertong, geruisloos
aan jou voete neergelê.

My liefdesvers lees my vas sagkens
tot binne die palm van jou hand.

Tussen die ragfyn bladsye van Spreuke
word hierdie woorde aan jou geberg en
snags alleen bid ek in leketaal tot
my onbekende god, vir die melkweg ons
roetekaart na mekaar se permanente tuis.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top