"Liefde Wen" deur Jaco Roggeband

  • 0

Die liedjie is geïnspireer deur Bouwer Bosch se beweging. Ek het al die lirieke getoonset ) (E, B, C#m, A)

Liefde Wen

? Haastige hond verbrand sy mond
En om vinniger daar uit te kom
is nie noodwendig die beste nie
As jy verloor en voel versmoor
wat die wêreld vat het jy nie oor
Daar is iets beters as nou

REFREIN:
Want jou liefde raak iemand wat op wil gee en hardop skree
Jou liefde verstaan ? hart wat oopgebreek is en net vol seer is
Jou liefde sien deur die pyn en verstaan die hart waarmee ons loop
Liefde wen

Hoe loop ons so verby mekaar?
En as jy iemand groet, sien jy nie raak
die kwaad wat in sy hart vassit
Ons vat nie die tyd om te leer
wat die ander een se hart regeer
Dalk is jy sy laaste hoop

BRUG:
Ek en jy het soveel om te gee vir mekaar
Ek en jy het soveel om te gee vir die wat dit kort (x2)

Liefde wen (x3)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top