| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Wordende een
Jy het – vol verwildering – jou oë neergeslaan,
aarselend, maar onwillekeurig en heel beskaam
het jy blosend onder my blik
jou nagjurk reg rangskik.
Tog smeulend weer in myne ingestaar, maar weggedraai,
tevergeefs, want jou vurige verlange het jou reeds verraai
in jou verraderlike pieke, die blanke dal
waar rawe uitroep en die kloof sag wegval.
Eers skugter, maar naderhand vol drif en vuur, toegegee:
jou geboorte-uur,
en stil geword in die laat nanag
met die vernuwing op jou gelaat so teer en sag.
Inmekaar gerank die voltooide kring:
Man en Vrou maar Vrou volbring.

