Liefde op papier: Vryspel

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Vryspel

            - Julie 2003

Die reier benader die padda
heldhaftig, manlik, stokstyf …
om te onttrek:
’n tingerige mossie
beteuterd – skaars sigbaar
uitgeput deur ’n patetiese
dans van kom en gaan:
voor hom ’n glibberige platanna
wat baldadig …
belustig …
oorwinnend …
vreesloos …
die fyn voël aangaap
oor hy wat reier is en was
druipstert die aftog blaas:
sy trots tussen sy bene verskraal.

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top