| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Sensuele mymering
heuning in die hemel is die smaak wat jou lippe agter laat
lekstroop drup uit my droomland
smelt in lyf deur jou wolksagte vingerpunte
strelend voed jou hande my dorstige vel,
’n gevoel van somerreën,
druppel vir druppel sink jy weg in my heen
jou stem,
toonset die golwe van my gedagtes see,
die wysie bly weergalm in my geheue
in jou oë blink al die sterre elk op sy unieke manier,
groen grasvelde word realiteit
op my en jou se tydelike uur
jou elke woord word ’n sonskynstraal,
jy praat in reënbooglettergrepe,
die mees kleurvolle taal
van die rimpelende rivier
wat verwoed vloei
uit die kreukels van my
golfies gebind halssnoer hart


