| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Saam op drif
Waar ons nou sweef
in die ruigtes van oop velde
waar takke nie die been mergel
gesigte nie neerkyk maar opkyk
woon 'n vrees soos lakenwit nooit kan wees
As jy vra hoekom 'n pa nie in my leef
waarom my hande oor jou maag beef
dan's dit dalk omdat ek nie die hoekom weet
waarna jy so genadeloos soek vanuit jou weerklinkende vrouedwangsang
Waar ons nou sweef
dit het nog die stiltes
Waar ons nou sweef
as ek my voete vanaand buite sit
Waar ons nou sweef
die pad klop nogsteeds
hoor mens wel die oggendvoëltjies
proe jy steeds die skoonmisdou
skitter sterre dalk wel verder
maar darem is dit saam met jou

