| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Rivier van liefde
Hy betrag die aanloklike toneel
vanwaar hy sy kayak aflaai
voorberei, met waks streel
die saadjie van opwinding saai.
Roei voel-voel, toets die stroom
bewonder die natuurskoon rante
waar aalwyn pienkrooi onbeskroom
uitblom vir sy aandag, albei kante.
Die vloei verbreed verwelkomend
suig hom oopmond in met mag
vorder met egalige hale, amper dromend
met ’n vermoede wat vorentoe wag.
’n ‘V’ in die terrein begin verskyn
die water dam op, vloei traag
met opgehoue spanning dein
na die gedruis wat oor klippe jaag.
As die stroomversnelling hom omvou
verloor hy soos altyd die grasie
spasties krampagtig vir oorlewing klou
die kayak beheer deur die klein spasie.
Met die rivier wat bruis, brul en jil
voel dit of hy oor ’n afgrond stort
en snak na lug om weer sy longe te vul
besef hy kan nie omdraai, net vort.
Dan lê hy behaaglik op die wal, verswak
luister hoe klots die water rustig en kalm
teen die half-uitgesleepte kayak,
waar die rivier nou lomerig talm.

