Liefde op papier: Orkes vir die dowes

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Orkes vir die dowes

daar is ’n simfonie
van klanke wat ontploffings
deur die stilte dryf
maar die gehoor is doof

en die skare gee geen applous nie
want hulle begryp nie wat hulle nie weet nie

maar ek geniet die kakofonie skoonheid
wat jy so onwetend uitstraal
jou glimlag wat my wete deur maal
die orkes trompetter in skaamheid

hoor jy in die donker
maak jou orkes stil
ek klap vir jou hande
in ’n dowe geskal

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top