Liefde op papier: Naglyf

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Naglyf

As die son
gaan lê
en gebêre word
die nag ontwaak
is ek opgewonde
die dag is voltooi
en ek is by jou!

En dit is 'n voorreg
as ek jou kan sien
saam kan bad
jou kan sien
jou volle vroulikheid
jou lyf
roospienk van die warm bad
skuim wat kleef soos my oë
op al jou
sensuele rondings
en deinings
jou hand met room
sien gly
oor al jou kontoere

Die nagsoen
innig en sag
jou glimlag
dromerig en slaperig
weer voluit gelewe
volkome gegee vir die dag

En dan die heerlikheid
om teen jou te lê
soms sonder 'n broekie
en dan die beste
sonder niks
so spesiaal!
Ek voel so naby jou
niks is tussen ons
jou lyf
warm en glad
eufories!

Jy trek al my pyn uit
van die dag en my lyf
as jou bene om my kring
soos 'n seekat
Dan weet ek nie
wat is my lyf
of joune
dit voel so een
al my sorge verdwyn

My hand omvou
jou bors
sag en vol
smelt ineen
jou tepels
mooiste rooi
verstyf van aanraking
tussen my vingers

Jou warm, ferm boudjies
styf teen my onderlyf
my manlikheid
lê tussen jou boudgleuf
baie maal
vergroot en styf
met die hemelse vashou
tussen jou boudjies

My ander hand
gekoester tussen
jou warm dye
ek voel jou
sagte swartwoud-haartjies
jou sluimerende
liefdeslippe

Ek is in die paradys
as ek elke aand

so agter jou kan inskuif! 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top