| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
'n Seestroomsaga
Jy het daar gesit,
ek het hier gesit.
Verlede tyd.
So ons sit nie meer nie?
Volgens die romantikus het ons hand aan hand weggestap.
Volgens die realis het ons elkeen ons eie pad gegaan.
Die draadsitter dink ons het net eenvoudig verdwyn.
Ek? Ek dink nie ...
ek kyk. Ek kyk in jou kyk in
en dis die blink blou wat my intrek en uitspoeg,
intrek en uitspoeg.
'n Seestroomsaga.
'n Hoërskool drama.
Volgens my?
Volgens my:
Jy sit hier.
Ek sit hier.
Teenwoordige tyd.
En daar is vir my niks mooier nie.

