Liefde op papier: 'n Liefdesgedig vir my Valentyn

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

'n Liefdesgedig vir my Valentyn

Om oor die liefde te skryf is ’n moeilike ding
geforseer om iemand se mooi te moet besing
as al wat jy ken in die donker ingesluk is
en die naaste emosie wat jy het die lus is
Met 'n gat waar my bloed stadig uitlek
sal ek vanaand vir jou wag by die stofpad se hek
ek sal in die donker vir jou wag onder die maan
ek sal daar sit en wag selfs na die derde kraai van die haan
Terwyl jy knus in sy arms lê
sy reuke en geure is tog al wat jy wil hê
jou om hom toe vou
jy is ter ware nes elke ander vrou
So om oor die liefde te skryf is ’n moeilike ding
as die naaste emosie wat Jy het die lus is.
Hier is my hart
jy moet dit asseblief net vat.

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top