| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
met liefde uit Jozi
ek stuur vir jou ’n skildery van my
om ten minste één vaal muur te versier;
mag die wit laken afgly
in dae as jy in donkerheid bly
mag dit jou help ontsnap en ’n kykie gee
op wat wag –
nie ’n blink wat skaamteloos wegkyk
nie ’n rug op jou gedraai
nie ’n veroordeling, nie ’n verwyt
maar ’n belofte van my nabyheid.

