Liefde op papier: Liefde

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Liefde

Liefde so soet soos vars heuning 
Liefde so sprankelend soos Franse 
sjampanje
Liefde so sterk soos die oseaangetye
Liefde is die basiese bestanddeel
In die daaglikse lewensresep
Sonder liefde is die hart soos 'n woestyn 
Horingdroog en gekraak
Liefde maak die siel heel
Liefde is die lig in die donker
Om met oë vol liefde
Na die wêreld te kyk 
Beskerm ons teen 
hartverskeurende verdriet
Die liefde openbaar 
'n nuwe wêreld
'n nuwe era
Van vergifnis, barmhartigheid
En verdraagsaamheid
Liefde oorheers als, is als
God is liefde 
So liefde bestaan

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top