| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Is dit liefde
As jy maats was
Eers vaag
Maar uit die toeval
Uit die nood
Groei dit
Of was dit jy?
Is dit liefde
As uit niks
‘n dier groei
Lieftallig as hy kos kry
Maar verswelgende gevaar
‘n monster
Wat die hart in donker holtes
Diep onder
Intrek
As jy weg is
Is dit liefde
As dit hang
En hoop
Bly biggel
Want hoe onverklaarbaar die onsterfte hiervan
Hoe gedoem deur wil
Wil die juweel nie wyk nie
Ek's die diamant gemaak deur mensehande
Ek is so hard
Onsnybaar
Niemand kan my klipkap
Splits
Eers krap nie
So is dit jy?

