| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Heeltyd was my hart so geseën
Dit het goed gevoel in die wind, weer en reën
Maar nou orals waar ek kyk 'n wolk
Wat my aftrek soos 'n malende kolk
Dan skielik onverwags 'n bliksemstraal
Vanuit diep; uit nêrens oorgehaal
Skielik is daar geen sonskyn,
Sagte buie, harde buie, wolke wat ween
Donderweer is so erg en baie hard hoorbaar
Geen ligstraaltjie? Is dit verby? Is die reënboog klaar?
Nou moet ek weer daardie reënboog gaan soek
Elke tree, elke trap elke hand en voet
Soms met skoene en soms kaalvoet
Soms bitter soms suur en soms weer bietjie soet
Soms rotsagtige paaie soms sand en duine
Soms deur sand, klip soos 'n delwer in die myne
Opsoek na daai een skitter in die sand
Opsoek na die kleinste te vind - 'n diamant!
Al wat ek vind is fake glas
Skitter net soos die ware jakob in dieselfde klas
Ongelukkig nutteloos en niks werd
Sonder enige bedrag - totale snert!

