| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Gewaagde geheim
o aarde jy het my geruk
teen die muur vasgedruk
my asem uitgesuig
my bene om jou gebuig
“don’t mind me” hoor ek ‘n stem sê
en ek giggel skelm
jou blou wolke word
water vir my lyf
jou kuiltjies
klein fluisterende duiweltjies
jou asem vuur in my nek
jou stem in my oor maak my heeltemal gek
in die oë kyk soene
maak my net meer soek
tien minute stomende
lipbytende aggressie
stap weg en verdwyn
gewaagde gevoel wat sal verdwyn


