Liefde op papier: Gee

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Gee

Ek wil myself vir jou gee
my tepels wat tintel as ek jou stem hoor
die witwarm wete dat jy my laat wakker lê
jou skewe glimlag en die kyk wat sê jy’s lus
dis in jou loop
in die buiging van jou mondhoek as jy spot
jou opregte omhelsing
en die vreugde in jou oë as jy my sien
as ons weer ontmoet
en my asem stok in my keel
wil ek jou hê
die vuur wat deur my lendene spoel
maak my roekeloos
ek wil myself so graag vir jou gee

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top