| Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Ek onthou ’n onsekere opwinding wat woed
- Jy loop tog jou ander helfte tegemoet -
Toe jy, my sprokiesboekheldin,
my hart en hoop herwin het
daardie dag.
Haas onkenbaar, nou, slegs ver verwant
Staan ’n boom, saad ontkiem in ryk klam sand
Vrugte welig aan die groei, en blom reeds bloedrooi in die bloei -
Nuwe lewe het tog begin met die dood,
Daardie dag.
Want soveel keer, en dan nog meer,
is droom se saadskiet, iets wat ek moet leer
Iets wat lank moet broei, moet rys
Voor hy wel sy ware kleure wys.
Daardie dag, my liefste lief
Herinner my tog graag asseblief
Is in my hart en kop en drome
’n monument
’n wegtrekpunt op my roete van onthou
Van ’n ryk, vol lewe saam met jou.

