Liefde op papier: Droomverlore

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Droomverlore

Oor markpryse en stygende inflasiedruk
Word ek genadeloos vroeg reeds ingelig
Want wie het gesê sewe-tot-vyf
Is vir dromers ingerig?
Agendas, kontrakte, vyf-jaar strategieë,
Dit voel of ek iets belangriks vergeet?
… en so, in my aangesig se sweet
Probeer ek van my verdiende brood te eet.

Maar dan,
onverwags,
dwaal my gedagtes na jou …

Ek het gister my hand op ‘n ou brief gelê
Noukeurig geadresseer aan my.
Gemaklik – stromend – vloei jy voort
En ek lees prewelend
Bladsy
vir bladsy.

… en so sit ek nou,
hier in my kantoor,
net as gevolg van jou
Droomverlore …

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top