Liefde op papier: Die ketting

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Kleintyd
Klim op en ry
Val af
Dis fietsry

Tienertyd
’n voertuig
It's as simple as that

Van dertig af op
Word die rit teen die wind
Die rit met wind in jou blaaie terug

Veertig
Kom jy agter wind van voor
Teen ’n bult, maak die som -  nul ...!

Naby 50 is wind min faktor
Selfvertroue leef uit momentum
Momentum uit selfvertroue
Die draai van die tandrat
Met elke  rit ’n lewensles
In opgee
In hou
In agterbly
en inhaal
Terugkry ...

Die pad uitdagend
Elke versperring
Fluister jou naam
Elke bruggie oor sê: Jy!
’n  skielike bult: Sy!
Elke skerp draai, weer: Sy!
’n stram trapslag: Weer ...
Elke asem: Sy!
’n briesie deur my hare: Sy!
Die windjie in die blare: Sy!

Hoe kon hy hom so vasdraai, in die wiele
Die kamtande
Die ketting
Van die nabootsing van wind vs weerstand vs opdraand vs die mens

Seker omdat – hoe ink ookal die stempel
Niks die boeke wil laat klop nie ...

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top