Liefde op papier: 4x4xVuur

  • 0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur en illustrasies. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

4x4xVuur

Ek wil …
jou lyf
jou mens
ontdek
soos die kronkelpas
van 4x4 op sy slakkebus

Ek wil …
in jou oë-poele
kyk en staar
tot ek die glim
van jou hart verstaan

Ek wil
die heuning van jou mond
smaak
elke lagplooi
se lag hoor skater

Ek wil
afreis met jou slanke nek
tussendeur twee heuwels
met rooi pieke
wat stu in die lig

Ek wil
vertoef op die vlakte
van jou maag
en wynnektar drink
in die holte van
jou geboorteheg

Ek wil
Sien in die verte
die swart woud
met die liefdespoel
van vreugde
sluimerend en smeulend
jou diepste wese
… hemels

 

Klik hier vir kompetisie–besonderhede

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top