"Liefde op die skoolstoep" deur Chris-Marie Niemand

  • 0

Liefde op die skoolstoep

VERS 1 (kruisrym)

Die trane lê vlak in my oë
Wanneer ek aan jou dink
En ek wens ek kon weet
Of jy nog in ons liefde glo.
Jy is weg en my siel verdrink.
Hoe kon jy als net so vergeet?

VERS 2 (kruisrym)

Onthou jy nog daai dag
Voor die aardrykskunde-klas,
Daar op die skool se stoep?
Jy was matriek, ek graad agt.
Onthou jy nog hoe dit was,
Voor die klok ons kon roep?

BRUG 1

Dit was 1998
Daar was liefde in die lug

KOOR (direkte rym)

Dit was liefde op die skoolstoep.
Ek hoor nog hoe my hart roep,
Maar voor ons lippe kon raak
Het die skoolklok gekraak.
Ek wou nog sê: “ek het jou lief”,
Nou skryf ek maar ’n brief.

VERS 3 (kruisrym)

Ek sien ons weer daar staan
Voor die aardrykskunde-klas,
Met jou arms om my lyf
En hoe ek op my tone gaan.
Dit was my trane op jou das
Waaroor ek vir jou wil skryf.

BRUG 2

Ek wou nog vir jou sê
Dat ek vir jou wil hê.

KOOR

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top