"Liefde is" deur Miles Ryan

  • 0

Liefde is my nuwe kreet
Dit vat nie veel om my te oorreed dat daar iets beters is nie
Ek kyk om my en al wat ek kry is mense wat stry en nie ophou haat nie

Is dit my werk om te staan vir die kerk as hulle net so swaar trek?
Kan ek jou opinie verruil? Gedagtes so vuil vir ’n liefdesverhaal wat al klaar in jou hart skuil

Vind die krag op die donkerste nag
Hou op wag vir beter dinge
Die verandering le al klaar binne jou
Liefde wen as dit jou hart toe vou
Laat jou voete beweeg, liefde is my nuwe kreet

Liefde is net ’n naam vir ’n aksie wat jy moet beraam
As ek om my kyk, sien ek oopgemaakte harte sonder stukke en parte
Liefde is my nuwe kreet. Dit vat nie veel om my te oorreed dat daar iets beters is nie
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top