
Liefde is
wanneer ’n engel en ’n alien
mekaar ontmoet
leer om mekaar met respek te groet
die hart van die ander voel
die taal van die ander leer praat
mekaar verstaan
vlerke en skoene ruil
in mekaar se lewens
klim
loop
vlieg
om saam te lag
en te huil


Kommentaar
Jy is heeltemal reg, dit is liefde.
Hou baie daarvan! Iets om na te strewe.