"Liefde" deur Luan Botha

  • 0

Liefde

In afwesigheid van liefde staan ons harte stil
Ons denke dryf dan al ons dade waar’s die hart se wil?
Die vrese vir die hart se pyne moet ons leersaam deel
Al ons hartseer, al ons seerkry word in liefde heel

Liefde is ’n grondbeginsel waardeur God ons leer
Niks mag jou hart ooit oorrompel, niks mag liefde keer
Al jou grootste struikelblokke moet dit nie self jaag
Laat ons harte saam-saam strewe sodat ons saam slaag

Koor

Die suiwerheid van ware liefde is eenvoudigheid
Tyd bestaan nie al wat saak maak is nou en nou alleen
Bewaar dan elke goeie oomblik
Want die hart word net een maal opreg gedeel

Al die tye van saam glimlag kom ons bou dit voort
Kom ons hou ons lewe suiwer, volg in God se woord
Eerlikheid, vertroue, altyd openhartigheid
Moet nooit die liefde ontrafel leef dit net voluit

Koor

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top