"Liefde Bestaan" deur Pieter Folea

  • 0

Liefde Bestaan

Ek jou sou vat na 'n plek ver van hier
ver van al hierdie wêreld se suur
Jou optel en draai, vir altyd rondswaai

Kan ek jou wys waar liefde lê?
Kan ek jou, weet jy wat is liefde?
Weet jy waaroor dit gaan?
Sal jy dalk kan begryp of verstaan
as ek jou onder sterrelig neem
en dans en sing en soen in die reën?

As jy weet wat liefde wil sê
Liefde is hier, liefde is daar
probeer dit net, met jou hele hart bewaar
Liefde is volop maar tog so skaars
Hou op vir liefde wens terwyl jy na die sterre staar

Gaan net en soek, dit is iewers daar
As jy dit vind moet jy dit vir altyd bewaar
Liefde, ek weet jy bestaan
wys my met hulp van die wind watter rigting om te gaan

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top