Liberale

  • 4

Die briewe wat op SêNet verskyn, is die menings van die briefskrywers en nie noodwendig van die LitNet-redaksie nie.

Liberale is nie meer klassieke liberale nie, hul strewe is om chaos te veroorsaak en alle bestaande samelewingsnorme as polities nie-korrek voor te hou.

Bv tradisionele galgehumor word terstond diskriminasie. Hetroseksuele word vervang met metroseksuele, watter vorm dit ook al behels.
 
Die liberale veroorsaak chaos met hul spinpolitiek, waarmee grense voortdurend verwerp of omver gewerp word, sonder om uiteindelik doelstellings te stel. Bv #open society, #me too ens. 
 
Hoe ouer ek word, hoe minder begryp ek dit. In bv 1800's was sweet die teken dat mense werk, nou is sweetreuk tekenend van vuilheid. 
 
Die Bybel sal seker ook regstellende aksie beleef, bv "jy sal jou ouers verlaat en jou 'lewensmaat' aanhang"? Dan word alle ouer vertalings selfs op boekrak as diskriminasie deur 'n hofuitspraak verklaar? Wonder darem oor "in die sweet van jou aanskyn, sal jy jou brood verdien"?
 
Hans Richardt 
  • 4

Kommentaar

  • Ja swaer....

    Moenie bekommer nie...ons fut is nog lank nie uit nie...ons sal nie gaan lê nie maar sal aanhou baklei teen die skepsels en die onreg wat hul pleeg, maar dink ons nie sien of van weet nie!

    Dis verby met die hsm, en dit is klaar 'n groot rede om aan te hou veg teen die skynheiligheid en korrupsie van die 4de stand en hul nwo meelopers en nie op te gee nie!

  • Avatar
    Hans Richardt

    Charles, daar is net een probleem met politieke korrektheid. Die K-woord is nie daarin nie, K = konsekwentheid.

  • Ek dink Winston Churchill het gesê " when you have a heart at twenty you vote labour (liberal). When you have a brain at forty you vote torie (conservative)" of iets in dier voege. Die libtard soos die Amerikaners hulle noem krap waar dit nie jeuk nie en wanneer die fan die paw paw slaan trek hulle skouertjies op en stap weg. Dit laat my dink aan die mense wat op die twee klein eilandjies verby Doer onder bly. Ek kan nie dink dat daar al een woord oor die 1981 rugby toer gespreek is nie. Verwag nie groot askies en sorrie nie. Slegs dankie dat julle na ons land toe gekom het. Jammer dat die persone die kuier nie baie aangenaam vir julle gemaak het nie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ongeag van, as jy voortdurend die grense toets en verander gaan jy tog net eindig waar jy begin het, in die wiel van die lewe. Ek is nie konserwatief nie, maar dink dat liberale by US, Engels omarm om hul eie belange te beskerm.
    Of dalk sukkel hul om jakkals in Afrikaans te sê...? Dis tog die kkein jakkalse wat die wingerd vernietig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top